KERSFEES SKOUSPEL 2026

13Des15:0018:00KERSFEES SKOUSPEL 2026CENTRE COURT | EMPERORS PALACETipe feesMusiekfeeste

Fees/optrede detail

LEFRA PRODUKSIES BRING ’N STERBELAAIDE KERSFEES SKOUSPEL NA EMPERORS PALACE!

Lefra Produksies kondig met trots aan dat Kersfees Skouspel vanjaar op Sondag 13 Desember om 15:00 by die indrukwekkende Centre Court by Emperors Palace aangebied word. Dié gewilde jaarlikse Kersfeesviering bring van Suid-Afrika se mees gewilde sangers en kunstenaars bymekaar vir ’n middag vol musiek, feestelike glans en die besondere boodskap van Kersfees. Besprekings kan aanlyn gedoen word by LTickets.co.za. Groepe van meer as 10 persone kwalifiseer vir ’n spesiale afslag – skakel Monica by (011) 815 3000 of e-pos admin@lefra.com. Kerke is ook welkom om die Kersfees Skouspel aan te wend vir gekombineerde Kersprogramme. Maatskappye wat kaartjies vir personeel of kliënte wil aankoop, kan Monica ook kontak. Lees meer by www.kersfeesskouspel.com. Kersfees Skouspel word aangebied deur Lefra Produksies en Emperors Palace, en met die trotse ondersteuning van Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, LTickets, LekkerFM, Lift Airlines, die Mannah Gastehuis en Konferensiesentrum, Mobilis Auto, RSG, Shereno Printers en Van Loveren-wyne.

Die 2026-produksie spog met ’n indrukwekkende kunstenaarslys: Ruhan du Toit, Bobby van Jaarsveld, Danie Niehaus, Germandt Geldenhuys, Granville Michaels, Stephanie Baartman, Leah, Mari Bosman, Magdalene Minnaar, Joseph Clark, Veramarie, Wynand Strydom en Cheree. Met Chanie Jonker as musiekregisseur, ’n volledige orkes Die produksie spog met ’n volledige orkes en die Magaliesberg Kinderkoor o.l.v. Hannelie van Sittert op die verhoog, beloof Kersfees Skouspel ’n musikale ervaring wat die hele familie in die Kersfeesgees sal plaas.

Kaartjies beskikbaar by: www.ltickets.co.za

Tyd

(Sondag) 15:00 - 18:00

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Verified by MonsterInsights