ONS VLOGS
Hallo Feesganger. Jakkie Louw en Charlize Berg het gisteraand hulle nuwe produksie geloods. Die naam daarvan is JAKKALS EN BERG. Feeste.net se Sarel du Plessis het 'n kort onderhoud met hulle gevoer. Kyk gerus saam.
Dis nie die eerste keer dat Andy die voorblad van die koerant haal nie…
Andy de Wet, die eienaar van Aloe Farm (https://www.thealoefarm.co.za/), kan spog met ‘n eerste plek met sy Black Jack Agapantha by die 2023 Chelsea Blommeskou in die VK. Dit het Andy voorbladnuus op menige nuuskanaal gemaak.
Maar het jy geweet dat Andy in sy jong dae op universiteit ook die voorblad van die Beeld-koerant gehaal het? Die sal jou dalk verstom om te weet waarvoor… Luister hier na die onderhoud wat Schylah Schreuder van Feeste.net met Andy gevoer het en leer ‘n ander interessante sy van Andy ken.
Sarel op RSG
Luister gerus na Christelle Webb-Joubert, RSG Kuns op Radio Sonder Grense (RSG), wat met Sarel du Plessis oor www.feeste.net gesels. Hier hoor jy alles wat jy nog altyd van hierdie Feeste en Vertonings portaal wou weet. Dis baie interessant en die moeite werd om na te luister.
