GROOTBRAK BOEKEBLAF

06Nov(Nov 6)18:0007(Nov 7)20:00GROOTBRAK BOEKEBLAFDUTCH REFORMED CHURCH| GROOT BRAKRIVIERTipe feesBoekefees

Fees/optrede detail

Die Grootbrak Boekeblaf Lees- & Skrywersfees vind jaarliks plaas in Groot Brakrivier. Vanjaar jolyt ons van 6 tot 7 November by die NG Kerk, Langstraat, Groot Brakrivier!

Grootbrakstories is terug na die groot sukses van die pragtige aanbieding by die heel eerste Grootbrak Boekeblaf in 2025.

Kontreistories en staaltjies gekombineerd met oorspronklike musiek saam met (vertellers) Daniël Lötter, Sidney Gilroy en die digter Lluyle Arendse asook die musikante Petronel Baard, Stef Kruger, Schalk Maas, Riku Lätti en Jackie Lätti wat weer vir ‘n magiese aand in die hart van Grootbrak gaan sorg.

Laasjaar se reis het van “agter die klip” (Outeniquaberg) tot in Grootbrak self gereis. In vanjaar se stories vertel ons die staaltjies van bekende en beminde Grootbrak brakke dat ons hoor waar die blaf nou eintlik vandaan kom en dit is die waarheid!

Verder sing ons met die stem van die stil waters en natuur wat hierdie groen, grootse wêreld oopkloof en aanskou het al vir eeue en meer.

Kom luister na die Grootbrak se stories.

Bring gerus jou eie piekniek mandjie.

Kontak: Petronel Baard
Sel: 082 737 8416
Koste: R220.00

Tyd

6 (Vrydag) 18:00 - 7 (Saterdag) 20:00

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Verified by MonsterInsights