My moed sak sommer in my skoene… Op my rekenaar se skerm stroom iTickets.co.za se boodskappie: “You are number 3865 in line. You will reach the front of the line in approximately 2 hours and 3 minutes…” Ek sit al van vroeg die oggend voor my rekenaar, want jy het net een kans om kaartjies vir Afrikaans is Groot te koop – sekerklik die grootste musiekfees in Suid-Afrika. Die kaartjies is letterlik binne enkele ure uitverkoop vir al agt vertonings aan die einde van die jaar, en ‘n negende vertoning moes noodgedwonge ingeruim word om al die aanhangers te akkommodeer. (Ek het darem my kaartjies gekry…) Al wat dit vir my sê is dat ons mense honger is vir feeste, veral na die COVID-19 inperkings….
Wat maak dat mense so na feeste en vertonings stroom?
Vir baie van ons is feeste ‘n manier om vir ‘n kort rukkie van die werklikheid te ontvlug. Wannneer jy by ‘n fees opdaag, hang daar ‘n opgewondenheid in die lug wat jou tydelik laat vergeet van korrupsie, beurtkrag, rentekoersverhogings en inflasie, waterprobleme, en roetines by die werk.
Daar is ‘n atmosfeer met ‘n lewende vertoning wat net nie dieselfde is as wanneer jy na dieselfde vertoning op die TV kyk nie. Jy beleef die kunstenaars op ‘n unieke manier – dis asof daar een of ander elektriese stroom is wat jou met die kunstenaar(s) verbind.
Feeste bring mense uit verskillende vlakke van die lewe bymekaar, en dit help om ‘n gevoel van gemeenskap te bou. Mense voel verbind met mekaar aangesien hulle ‘n gemeenskaplike belangstelling of doel deel, en hierdie band duur verder as die fees.
Een ding is seker: Ons land het geweldig baie talent, en ons is honger vir lewende optredes en feeste. Daar is letterlik elke week een of ander fees of optrede êrens in ons land.
Nou maak ons dit maklik om ‘n fees te soek om by te woon. Al die feeste en optredes in die land kan nou op een plek gesoek word, nl by feeste.net. Nooit weer hoef jy ‘n fees te mis nie, want jy kan feeste en optredes soek volgens datum, plek, provinsie en selfs volgens die soort fees wat aangebied word. Makliker as dit kan jy nie kry nie.
So, vang gees en laat weet al jou paar duisend vriende op Facebook, jou familie en kollegas – daar is nou ‘n maklike manier om te weet watter feeste en optredes daar orals in die land is.