STEVE HOFMEYR WORD 60 JAAR OUD! DIE STEVE HOFMEYR IKOON-KONSERT!
Fees/optrede detail
ONS HOU PARTYTJIE PRETORIA! | 1 MAART 2025 | MORELETA KERK STEVE HOFMEYR | JUANITA DU PLESSIS | KURT DARREN | RICUS NEL | DEMI-LEE MOORE | JAY DU PLESSIS
Fees/optrede detail
ONS HOU PARTYTJIE PRETORIA! | 1 MAART 2025 | MORELETA KERK
STEVE HOFMEYR | JUANITA DU PLESSIS | KURT DARREN | RICUS NEL | DEMI-LEE MOORE | JAY DU PLESSIS | BOBBY VAN JAARSVELD | KARLIEN VAN JAARSVELD | ARMAND HOFMEYR | BOK VAN BLERK | NADINE
KAARTJIEVERKOPE OPEN 08H00 op 6 JUNIE!
Pretoria, is julle reg! Steve Hofmeyr se reuse Ikoon-konsert op Saterdag 1 Maart 2025 bring die room van Suid-Afrika se kunstenaars byeen vir een onvergeetlike aand om Steve se 60ste lewensjaar te vier in ‘n grootskaalse produksie waarin hulle sy groot treffers gaan sing.
Die Ikoon-konsert vind by die groot Moreleta Kerk plaas, met ‘n kapasiteit van 6800 sitplekke.
Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jay du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Demi-Lee Moore, Armand Hofmeyr, Nadine en Bok van Blerk vorm deel van die produksie.
“Steve het ‘n enorme verskeidenheid uiters gewilde liedjies wat deur ons land se gewildste kunstenaars gesing gaan word, en hy gaan natuurlik saam sing,” sê konsert-organiseerder Jacques du Plessis, sameroeper van die onlangse Theuns Jordaan Tribute-konserte op Loftus Versfeld en die DHL Stadion.
“‘n Verskeidenheid kos en drank gaan te koop wees en ons gaan lekker feesvier!
“Steve word al die afgelope sewe jaar uit groot verhoogproduksies gehou. Dit terwyl hy in sy indrukwekkende loopbaan ‘n reuse bydra gelewer het om die gehore en verhoë te bou wat die grondslag gelê het vir ons groot konserte en kunstenaars.
“Dit gaan ‘n baie besonderse vertoning wees, en iets wat Pretoria vir ‘n baie lang tyd sal onthou,” sê Du Plessis.
“Die konsert lê ons na aan die hart. Hy verdien na soveel jaar in die bedryf dat sy musiek en persona op hierdie besonderse aand gevier kan word deur ons land se beste Afrikaanse kunstenaars sowel as sy aanhangers.
“Ek kan nie wag om te hoor hoe ons land se beste stemme saam uit volle bors ‘Agter Elke Man’ en ‘Pampoen’ sing nie. Kan jy jou indink!”
Tyd
(Saterdag) 00:00 - 00:00