Kom ervaar die geure & kleure van Mexico hier by Lavender Kontrei Mark 9 November vanaf 8 tot 3!! Hier gaan hulle spog met warm souse, dips, Kase, proe happies, chilli stix, chilli jams & chutneys, pods, kaktus plantjies, en meer! Verskeie tequilas & chilli biere met exciting pryse vir die brawes wat die challenges gaan aandurf!!
Heerlike vermaak deur Salsa & Fire Dancers & Live musiek deur die Los Amigos Band wat die gees van Mexico lewendig hou! So of jy nou dans op die ritme van die mariachi of die geure van Mexico geniet, hierdie is’n geleentheid wat jy nie wil mis nie!
Vele kinderaktiwiteite, talle vars & handgemaakte produkte, liplekker kosse, decor, kuns en meer! R20pp, kinders 0/12 & pensioenarisse gratis!
Trek aan jou Poncho & Sombrero & kom fiesta saam hier by die Lekkerste Kuier Mark in Pretoria! Apache ave, agter Obaro Wonderboom, Pretoria. N4 Wonderboom Lughawe afrit