Mampoerfees

06JulHeeldagMampoerfees'n Familie & Kultuur Fees vir Jonk & OudTipe feesKultuurfeeste

Fees/optrede detail

Die 2024 Mampoerfees by die Voortrekker Monument in Pretoria is ‘n kultuur en familie fees wat niemand mag misloop nie. Die dag is vol aktiwiteite. Van veteraan motors en trekkers, by die 100 stalletjies wat meestal handgemaakte en oorspronklike items verkoop, tot die proe van tradisionele mampoer en witblits, vars gebroude bier, lekker musiek, jukskei, boeresport en nog vele meer.

Bring die kinders om die Voortrekker Monument se plaaswerf en diere te geniet. Die SA Diere Kanker Vereniging sal die kinders en volwassenes leer hoe om kanker betyds in hul geliefde troeteldiere op te spoor. Daar is boeresport, sak spring, eier gooi en baie ander dinge om die kinders pal besig te hou.

SA Jukskei hou ‘n Familie Dag langs die Monument se jukskei bane. Dis juis hier by die Monument waar SA Jukskei in die 1940’s hul raads vergaderings gehou het. Besoekers sal meer oor die jukskei sport kan leer. Probeer so 3 gooie na die pen en wen allerhande pryse, vakansies en meer.

Moenie die dames afkoel tent misloop nie. Bekende kunstenaars is hier om die mans en vrouens te laat skaterlag. Proe van die beste mampoer en witblits likeurs, sien verskeie resepte en proe aan koekies en truffels wat in Mampoer ryp geword het.

Daar is ook die Lewende Laer met ossewaens, brood bak, kerse en swepe maak, koolstoof resepte, boere koffie en plaas prettighede.

Hierdie 2024 Mampoerfees slaan ‘n nuwe blaadjie om. Nuwe aktiwiteite. Nuwe lekker dinge om te doen.

Sien www.mampoerfees.co.za vir meer inligting. Toegang is R70 vir volwassenes. Kinders in laerskool is gratis. Daar is volop en veilige parkering vir almal.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Verified by MonsterInsights