LENTEFEES MET STEVE HOFMEYR

19Okt00:0000:00LENTEFEES MET STEVE HOFMEYRKANONKOP HOëRSKOOL - MIDDELBURG

Fees/optrede detail

UITSTALLINGSDATUM: SATERDAG 19 Oktober 2024

ALGEMENE VOORWAARDES EN REËLS VIR UITSTALLERS

OPENINGSDATUM:
Aansoeke open 1 Februarie 2024. Om teleurstelling te voorkom, dien jou aansoek so spoedig moontlik in. Alle aansoeke sal deur ‘n keuringsproses gaan.

PLASING:
Voorlopige plasings word gedoen soos en wanneer aansoeke ontvang word, maar die Lentefeeskomitee hou die reg voor om enige stalletjie in belang van die fees te verskuif. Aansoekers sal deurlopend in kennis gestel word na mate aansoeke goed-of afgekeur word. Geen stalletjie word toegelaat om sonder toestemming van plek te verwissel of met ander stalletjies uit te ruil nie!

EVALUASIE:
Aansoeke moet van duidelike kleurfoto’s en volledige produkbeskrywing voorsien word. Daarsonder sal aansoeke nie oorweeg word nie.

Die komitee sal voorkeur verleen aan unieke hand-en kunsvervaardigde produkte wat kreatiwiteit en oorspronklikheid toon.
Klein besighede kan ook aansoek doen.
Die beslissing van die komitee is finaal en geen debat sal daaroor gevoer word nie.
Kosstalletjies moet aan die plaaslike munisipaliteit se brand-en gesondheidsregulasies voldoen. Indien keuring toegestaan word sal laasgenoemde dokument aangeheg word saam met die goedkeuringsbrief.
Kosstalletjies moet voorsiening maak vir verkoelingstoerusting vir bederfbare produkte en moet voorsiening maak vir eie elektrisiteit en gas.
Die plaaslike brandweerhoof dring daarop aan dat elke stalletjie (kos-en kunsstalletjies) oor ‘n brandblusser moet beskik. Dit is dus noodsaaklik om jou eie brandblusser saam te bring.
Kunsstalletjies – minimum 4,5kg brandblusser en kosstalletjies – minimum 9kg brandblusser.

Kosstalletjies word beperk tot die spesifieke produkte wat aan hulle toegestaan en goedgekeur is.
BETALING: MOET ASSEBLIEF GEEN BETALING MAAK VOOR U NIE DIE GOEDKEURINGSBRIEF ONTVANG HET NIE! U MOET U FAKTUURNOMMER AS VERWYSING GEBRUIK, WANNEER DIE BETALING GEDOEN WORD.
Suksesvolle uitstallers moet binne 30 (dertig) dae vanaf ontvangs van die goedkeuringsbrief 50% deposito in die Nederduitsch Hervormde Kerk Middelburg se bankrekening inbetaal. Die balans is verskuldig op 30 September 2024. Geen laat betalings sal aanvaar word nie. Die bankbesonderhede sal in u goedkeuringsbrief aangedui word.

HANDELSURE: 12:00 – 21:00
Die fees open op Saterdag 19 Oktober 2024 om 12:00. Die verpligte handelsure is 12:00 – 21:00. Stalletjies mag handel dryf tot die feesterrein laat-nag (23:59) sluit, maar mag onder geen omstandighede voor 21:00 sluit nie. Uitstallers kan vanaf 08:00 stalletjies voorberei. (Meer inligting hieroor sal in die goedkeuringsbrief verskaf word).

SEKURITEIT:
Die Lentefeeskomitee verskaf voltydse sekuriteit maar kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige verliese of skade nie. ‘n Persoonlike wag vir u stalletjie deur die dag kan met die Kerk gereël word vir u eie rekening, en deur die nag vir ‘n fooi van R500-00. Skakel asseblief vir Johan in die verband. Sy nommer is 083 227 0577.

VERBLYF:
Uitstallers is verantwoordelik vir hul eie reis-en verblyfreëlings.

REGISTRASIE:
Registrasie vir uitstallers vind plaas op Saterdag 19 Oktober 2024 vanaf 07:00. Indien u nie self kan registreer nie, moet u asseblief iemand /medeuitstaller/ vriend/ vriendin/ familielid vra om namens jou te registreer en jou toegangs- en parkeerkaartjies vir jou te gee.

ALGEMEEN:
Geen troeteldiere word by stalletjies toegelaat nie.
Uitstallers is verantwoordelik vir die netheid van hul stalletjies.
Die Lentefeeskomitee behou die reg voor om uitstallers te skors vir enige wangedrag, bv. harde musiek wat steurend kan wees, word nie toegelaat nie.
Geen onderverhuring word toegelaat nie!
Uitstallers is verantwoordelik daarvoor om hulle eie krag en krag-verlengingskoorde en / of gas te verskaf.
Die Lentefeeskomitee aanvaar nie verantwoordelikheid vir produk(te) wat nie verkoop nie.
GROOTTE VAN KOS-EN KUNSSTALLETJIES:
Stalletjies is 5m x 5m en word van geen raamwerk voorsien nie. Jy moet jou eie waentjie / tent / gazebo saambring.

TOEGANGSKAARTJIES:
Indien u die Steve Hofmeyr-konsert wil bywoon, neem die volgende in ag:

Die hoofborg kry twee gratis kaartjies en twee teen ‘n afslagprys. Enige ander kaartjies is beskikbaar teen die normale koste.
Addisionele borge kry een gratis kaartjie en een teen ‘n afslagprys. Enige ander kaartjies is beskikbaar teen die normale koste.

Tyd

(Saterdag) 00:00 - 00:00

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Verified by MonsterInsights