Die KragDag Ekspo is ‘n uitstalkas vir selfstandigheid en volhoubare oplossings, met fokus areas soos energie, tegnologie, landbou, opvoeding, vaardigheidsontwikkeling, sekuriteit, buitelug kragtoerusting, entrepreneurskap en ander doen-dit-self besieling. Dit bied ’n platform vir entrepreneurs, besighede, boere en huishoudings om kennis te deel en oplossings te verken vir ’n vryheidsleefstyl.
KragDag is ’n jaarlikse versamelpunt (660 uitstallers en 34 000 besoekers in 2024) vir selfdoen-entoesiaste en innoveerders om moderne uitdagings te verken met die oog op praktiese en kreatiewe oplossings, maar dit bied ook ‘n uitsonderlike geleentheid vir ’n gesinsuitstappie en is ‘n leersame en inspirerende ervaring in ‘n karnaval atmosfeer.
Dit bied ‘n spyskaart van bedrywighede, soos die Kopskuifateljee met gedagteprikkelende gesprekke deur aktuele persoonlikhede, ‘n mengelmoes van interaktiewe aktiwiteite, lewendige demonstrasies en diere- en landbouvertonings.
‘n Groot verskeidenheid kuierareas bied ook heerlike spys en lafenis.
Die tema van die KragDag 2025 Ekspo is “Bou ‘n nalatenskap!”
KOOP KAARTJIES HIER: