Gelofteweek 2024: 9-15 Desember

09Des(Des 9)08:0015(Des 15)22:00Gelofteweek 2024: 9-15 DesemberGelofteweek 2024: 9-15 Desember (Voortrekkermonument)Tipe feesAnder Feeste

Fees/optrede detail

Vir die afgelope drie jaar word Geloftedag voorafgegaan deur ’n weeklange kultuurfees waar duisende mense kom kuier om saam te sing, dans en hul kultuur te vier, én vanjaar maak ons weer so tussen 9 en 16 Desember.

Vanaf 9-11 Desember betaal jy slegs vir jou parkering (R20 per voertuig) op die terrein. Vanaf 12 Desember is die Oppi’ Markplein Kersmark beskikbaar teen R20.00 per persoon, met alles van handgemaakte goedere, tuisgebak, antiekware en swartkruitdemonstrasies. Neem kennis: hierdie fooi is nie van toepassing om die Voortrekkermonument-museum te besoek nie.

Hier word oudergewoonte verskeie aktiwiteite vir die jongspan aangebied; hulle kan uitsien na waterballonspeletjies, waterglybane en boeresport. Besoek die Toekomsbou- museumteater vir ’n erfeniservaring soos min. Vanjaar word ons immergewilde Nagtoermaraton ook deur die week aangebied, waartydens die kinders ’n lekker fliek in die Voortrekkersaal kan geniet.

Die Gelofte word ook soos in die verlede elke aand afgelê, gevolg deur die tradisionele afvuur van Kanon Susanna.

Klik hier om te sien wat jy onderskeidelik van 9-16 Desember op die
Voortrekkermonument-terrein kan doen:
 https://vtm.org.za/gelofteweek-2024/

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Verified by MonsterInsights