Kom geniet ’n
middag van klassieke opera by die tweede FAK Opera Gala op Sondag 8 Desember
2024 in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument.
Die Pretoria
Simfonieorkes, onder leiding van Jaco van Staden, sal saam met soliste Ilze van
Staden (sopraan), Erin Beck (mezzo-sopraan), Coert Grobbelaar (tenoor), Douwe
Bijkersma (bariton) en Paul Vonk (verteller) hoogtepunte uit bekende operas
uitvoer, insluitend Carmen, La Traviata, Don Giovanni, Tosca en meer. Die
konsert bied ’n kans om die mooiste arias uit die wêreld van opera te beleef,
en is ‘n samewerking tussen die FAK, MayFord Seeds en Pretoria FM.
Datum en tyd:
Sondag 8 Desember 2024, 16:00
Plek:
Senotaafsaal, Voortrekkermonument
Kaartjies: R250
(volwassenes), R100 (kinders)