FAIRTREE ATTERBURY TEATER PROGRAM | JANUARIE & FEBRUARIE

16Jan01MrtFAIRTREE ATTERBURY TEATER PROGRAM | JANUARIE & FEBRUARIEATTERBURY TEATERTipe feesMUSIEK OPTREDE,TEATER PRODUKSIE

Fees/optrede detail

Liewe Teaterfamilie🎭💜

’n Nuwe jaar is hier, en ons is só opgewonde om weer saam met julle die Fairtree Atterbury Teater se stoele vol lewe, lag en musiek te vul. Die verhoog is gepoleer, die klanktoetse is gedoen en Januarie 2026 se program skop sommer sterk af vir alle teaterliefhebbers.

Op 16 Januarie keer Nathan Smith terug Pretoria toe vir Acoustic Greats, ’n warm en intieme akoestiese vertoning wat die jaar op die mooiste noot afskop. Daarna volg Stef Bos op 26 en 27 Januarie met sy nuwe produksie, Die lewe moet ’n wals wees, perfek vir elkeen wat musiek en stories in die hart dra. Die maand sluit af met iets anders en nuut: Praating met Peach van Pletzen van 29 tot 31 Januarie. Dis drie aande vol grappies, stories en heerlike verrassings, onvoorspelbaar op die heel beste manier.

Kom begin die jaar saam met ons. Kom kyk, kom kuier, kom geniet ’n aand uit.

KOOP KAARTJIES HIER:

Tyd

Januarie 16 (Vrydag) 00:00 - Maart 1 (Sondag) 00:00

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Verified by MonsterInsights