DINNER FOR ONE | SOPPER VIR EEN

01Feb12:0016:00DINNER FOR ONE | SOPPER VIR EENMannah Executive Guest Lodge | KEMPTON PARKTipe feesTEATER PRODUKSIE

Fees/optrede detail

Na ‘n reeks uitverkoopte vertonings regoor Suid-Afrika, word Dinner for One met David James as James die Butler, en Elma Potgieter Miss Sophie op Sondag, 1 Februarie 2026 by die Mannah Konferensieenstrum op die planke gebring.

Dinner for One (ook bekend as The 90th Birthday), wat op TV nou al ‘n Oujaarstradisie is, het in Duitsland kultusfliek-status gekry nadat dit in 1963 in Hamburg verfilm is. Dié uiters snaakse roomtert-komedie speel af in ‘n eeue-oue Britse herehuis, waar die laaste oorblywende lid van die familie, Miss Sophie, haar 90ste verjaardag vier. Die hele skets vind in die eetkamer plaas, met Miss Sophie aan die koppenent van die tafel, en daar is vir haar ‘gaste’ – wat almal al dood is – plekke gedek. Die butler, James, moet vir die gaste ‘n viergang-maaltyd bedien – en daar is vir elke gang ‘n drankie! Aangesien nie een van die gaste behalwe Miss Sophie in ‘lewende lywe’ daar is nie, dring Miss Sophie daarop aan dat James elke gas se rol moet speel (en dus al sy drankies ‘namens’ hom moet drink). “Same procedure as every year, James.” Hoe later, hoe kwater, en James raak al hoër in die takke … die spanning loop al hoe hoër elke keer as James nóg ‘n rondte om die tafel oorleef sonder om oor die “kop” van die tiervelmat te val.

As ‘n toegif voer Elma en David ná pouse Sopper vir Een ook op.

Die dag se verrigtinge skop met heerlike braaimaaltyd om 12:00 af. Nadat daar heerlik gekuier is, sit ons aan vir die klassieke Dinner for One en die parodiese plaaslike weergawe Sopper vir Een. Kaartjies beloop R450.00 per persoon, wat die ete en vertoning insluit. Tafels met tien sitplekke word ook teen die afslagprys van R400.00 per persoon (R4,000.00 per tafel aangebied). Dit sluit dan die driegang-ete en vertoning in.

KOOP KAARTJIES HIER:

Tyd

(Sondag) 12:00 - 16:00

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Verified by MonsterInsights