DIE VYFTIGERS
31Mrt00:0000:00DIE VYFTIGERSKKNK OUDSHOORN BURGERSENTRUMTipe feesMUSIEK OPTREDE

Fees/optrede detail
Die perde gallop. Goeie Vrydagmore daar vir julle. Ons moet seker uit die blokke kom vir hierdie varsgeblikte 2026, hoewel ek dit sou smaak as ons gesamentlik vir al die
Fees/optrede detail
Die perde gallop. Goeie Vrydagmore daar vir julle. Ons moet seker uit die blokke kom vir hierdie varsgeblikte 2026, hoewel ek dit sou smaak as ons gesamentlik vir al die groot moondhede, vermeende soewereine state en multinasionale besighede “notice” gee dat ons dié jaar ‘n sabbatical vat. Ons kondig ‘n inverse grendeltyd aan, waar ons bietjie gaan baljaar en visvang en goeie tunes luister iewers waar die muskiete en vlieë min tot zero is. Until further notice. Ek dwaal af. Ek wonder of AI kan afdwaal?
Terug by die kruks. “Die Vyftigers” se technicolor sweefmat vlieg weer, vir oulaasste laas, drie enkelaande in 2026.
Gehore landswyd is laasjaar, 2025, deur dié viermanskap bekoor en onthuts. Eietydse mitologieë is gestig en NOU is jou geleentheid om te kom meemaak aan dié boksemdaais. 4 Kontemporêre muskant-liedjieskrywers, ’n kruiwavol toekennings tussen die lot, iederelk het in 2025 die 50ste merk op die kettie gekerf. Wat kan nou verkeerd gaan? Alles! Op die regte manier! Met Gian Groen, Neil Sandilands, Schalk Joubert & Abel Kraamsaal
In die woorde van Mariana Malan: “Die interaksie tussen die musikante is vars & fris. Hulle praat die taal van jou drome. Jy ervaar ’n jong, loslittige taal wat jou hart laat warm klop en jou voete laat jeuk in ’n formidabele viering van Afrikaanse musiek. “Die Vyftigers” is 50 keer die moeite werd”.
Daar is slegs drie vertonings van “Die Vyftigers” in 2026 beplan: 31ste Januarie, Bodemloos Kombuis(Grabouw/Elgin), 24 Maart, Die Boer (Durbanville) en tydens KKNK 31 Maart, by die ABSA Burgersentrum te Oudtshoorn. Kom net.
En jy kan jou kaartjie hier kry:
Tyd
(Dinsdag) 00:00 - 00:00
