Die Kaplyn-musiekblyspel

26Apr(Apr 26)00:0009Jun(Jun 9)00:00Die Kaplyn-musiekblyspelAfriForum TeaterTipe feesTEATER PRODUKSIE

Fees/optrede detail

Die Kaplyn (ook bekend as die Yati) was die heilige grond tussen Angola en die destydse Suidwes-Afrika. ’n Grens tussen vyand en vriend. 

 

Die Kaplyn-musiekblyspel handel oor die verhaal van die Joubert-familie, van generaal Ben Joubert en sy twee seuns, Ben Junior en Ruan, wat albei in 1980 gewerf is vir een van die Suid-Afrikaanse Weermag se elite-eenhede, 1 Valskermbataljon.

 

Oorlog was ’n familiesaak en ma, Salome Joubert, en sussie, Antoinette, moes agterbly om die tuisfront te beman en seker te maak dat die jong troepe op die grens se moraal hoog bly deur skenkings van die Suiderkruisfonds.

 

Die Kaplyn-musiekblyspel sal jou laat lag en laat huil. Dit sal jou herinner dat ons oupas, pa’s en seuns waarlik helde was en dat dit wat hulle opgeoffer het, nie verniet was nie.

 

Dit was hul plig om te dien. Dit is nou ons plig om te onthou. 

 

Musiek en lirieke deur: Johan Vorster en Jacomien de Wet 
Teks deur: Jannes Erasmus en Johan Vorster 
Musiekregie deur: Francois Lessing en Johan Vorster  
Orkestrasie deur: Francois Lessing
Regie deur: Jannes Erasmus 

Tyd

April 26 (Vrydag) 00:00 - Junie 9 (Sondag) 00:00

Ligging/plek

AfriForum Teater

Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison- en 13de Straat Menlopark Pretoria

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Verified by MonsterInsights