AFRIKAANS IS LEKKER!

25Mei16:0023:00AFRIKAANS IS LEKKER!THEATER AMSTERDAM (NEDERLAND)Tipe feesMUSIEK OPTREDE,Musiekfeeste

Fees/optrede detail

AFRIKAANSE POPSTER-VIERTAL BINNEKORT IN AMSTERDAM

Kersfees kom vanjaar vroeg vir Nederlandse aanhangers van die Afrikaanse supersterre Demi Lee Moore, Refentse, Jo Black en Bobby van Jaarsveld!

Dié bekende viertal se Afrikaans is Lekker-konsert sal vir SLEGS EEN AAND op Saterdag 25 Mei 2024 by die Theater Amsterdam in Nederland te sien wees.

Die GROOTSTE Afrikaanse Sokkie After Party sal ook na afloop van die konsert by die teater plaasvind.

Demi Lee, Refentse, Jo en Bobby is dit eens dat hulle slaggereed is om Nederlanders met hulle Afrikaanse treffers en egte Suid-Afrikaanse vriendelikheid te oorrompel.

“Ek kan nie wag om terug te gaan Amsterdam toe nie en om weer vir ‘n buitelandse gehoor wat Afrikaanse musiek waardeer, te sing nie,” sê Demi Lee, wat in Desember 2022 ‘n volgepakte vertoning in die Theater Amsterdam gelewer het.

“Dit is vir my ongelooflik om te weet ons musiek word reg oor die wêreld geluister, en dat ons met ope arms verwelkom word in ander wêreldstede.”

Jo, wat ook verlede jaar voor ‘n volgepakte gehoor in die Theater Amsterdam gesing het, beaam Demi Lee se stelling.

“Ons is gereed om op die vliegtuig te klim en vir die Nederlanders te gaan wys hoe hou ‘n mens partytjie in Afrikaans!”

Demi Lee Moore, Jo Black, Nataniël en Karen Zoid het die afgelope twee jaar volgepakte konserte gehad in dié gewilde wêreldstad, waar derduisende Suid-Afrikaners tans ook ʼn heenkome vind.

Volgens Wian Smith-Venter, uitvoerende hoof van The Marketing Zoo en organiseerder van die

vertoning, is dit vir die maatskappy belangrik om in Afrikaanse musiekliefhebbers in Nederland se behoeftes te voorsien.

“Ons is baie trots op die konserte. Ons is ‘n internasionale bemarkingsmaatskappy, maar ons harte lê steeds by Afrikaans.

“Daarom het ons besluit om van Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars na ons mense in Nederland te bring, en waar beter om konsert te hou as in die gesogte en toeganklike Theater Amsterdam?”

“Daar is toenemende getalle Suid-Afrikaners wat in Nederland nesskop.”

Want lekker is LEKKER en ons sien uit om jou daar te sien:

https://www.eventbrite.nl/e/afrikaans-is-lekker-2024-tickets-781567668937

Tyd

(Saterdag) 16:00 - 23:00

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Verified by MonsterInsights